OnsGeeOm

’n Skarebefondsingplatform waar jy ’n verskil kan maak in Suid-Afrika. Wys jy gee om!

PROJEKTE

  • 2 Miljoen Bybels-projek

    R2,000,000.00

    0%

    3 Befondser

  • Boeke vir plaasgemeenskappe in die Noord-Kaap en Oos-Kaap

    R476,000.00

    9%

    25 Befondser

  • Kennels for animals in need

    R10,000.00

    30%

    3 Befondser

  • Nasionale Instituut vir Dowes: Borg ‘n inwoner

    R50,000.00

    0%

    1 Befondser

  • Speelkaarte: Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT)

    R15,000.00

    0%

    0 Befondser

  • Studentedroogtehulp fonds (SDHF)

    R4,000,000.00

    68%

    1 Befondser

  • Kerkbode Kersfonds

    R10,000.00

    0%

    0 Befondser

  • Samaritan’s Feet

    R10,000.00

    0%

    0 Befondser

BETROUBARE BEFONDSING

OnsGeeOm is ‘n betroubare en maklik bruikbare digitale skarebefondsingplatform van Bybel-Media vir alle Suid-Afrikaners wat ander finansieël wil ondersteun.

OMGEE PROJEKTE

Bybel-Media se skarebefondsingsplatform is ideaal vir gemeentes, organisasies en individue wat fondse wil insamel vir hulle plaaslike omgee-projekte.

SAAMWERK KULTUUR

Bybel-Media wil ‘n daadwerklike verskil maak in die lewens van Suid-Afrikaners deur ‘n trotse kultuur van “saamwerk” en “ons gee om” te bevorder.

PROJEK KATEGORIEË

Kinders

Bejaardes

Gemeenteprojekte

Opvoeding

Gemeenskapsontwikkeling

Dierewelsyn

Kultuur/Sport

Omgewing/Ekologie

Skep
Bemark
Kry befondsing

Hoe om aansoek te doen

Lees deur ons Bepalings en Voorwaardes en maak seker u verstaan dit. Volg dan die instruksies om ‘n projek op te stel op die OnsGeeOm platform. Dit is belangrik dat al die relevante inligting wat versoek word vir OnsGeeOm verskaf word voordat die projek “lewend” raak. Iemand sal u kontak om te help en seker te maak die befondsingprojek raak so vinnig as moontlik “lewend”. Wees asseblief bewus dat uself verantwoordelik is om die projek onder u vriende en kennisse te bemark met sms, whatsapp, sosiale media, eposse en natuurlik die beste manier bly om mense persoonlik te vertel van die projek en hoe maklik hulle kan bydra.

Begin jou Projek

Wie kan ʼn projek begin?

Enige persoon kan enige verdienstelike fondsinsamelingsprojek begin om ‘n saak, ‘n projek, ‘n individu of ‘n organisasie te ondersteun, dit kan enige saak wees wat u reken ander mense bereid sal wees om te ondersteun. Die geheim vir sukses is dat die saak steeds deur u bemark moet word sodat mense kan weet hulle kan dit maklik op die OnsGeeOm platform ondersteun. Kontak ons gerus by navrae@onsgeeom.co.za

Begin jou Projek

Skep
Bemark
Kry befondsing