Nasionale Instituut vir Dowes: Borg ‘n inwoner

R100.00

0%

Sover ingesamel van R50,000.00 Mikpunt

1 Befondser

Beskrywing

Charlton Adams is Doof en Serebraal gestremd en het in 2017 by die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) se Sorg-afdeling aangesluit. Hy het met sy vriendelike, positiewe gesindheid vinnig in ons harte gekruip. Met sy energieke persoonlikheid rits hy selfstandig rond in sy elektriese rolstoel. Dit was aanvanklik ‘n leerproses om met Charlton te kommunikeer aangesien die spastisiteit veroorsaak dat hy nie sy hande kan gebruik vir Gebaretaal nie. Hy het egter gewys dat hy kan teken wat hy wil kommunikeer en ons was verstom oor sy teken-talent. By die terapeutiese groepe kry Charlton die geleentheid om aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem en om met ander Dowe persone van sy portuur groep te sosialiseer. By NID word daar nie vasgekyk in Charlton se beperkinge nie, maar kan hy sy volle menswees en talente uitoefen.

Soos Charlton se storie, is daar vele ander kosbare getuienisse wat spreek van die lewensveranderde impak wat NID Sorg op die lewens van meervoudig-gestremde Dowe volwassenes het. Sedert 1978, skep NID Volwasse Sorg ‘n terapeutiese, omgee-gemeenskap en bied volhoubare sorg-, ontwikkelings- en opleidingsprogramme aan meervoudig-gestremde Dowes en dowe persone met spesiale behoeftes in residensiële sorg en beskermde werkswinkels.

E-pos na fr.nid@nid.org.za vir enige navrae