Boeke vir kinders in De Doorns

R600.00

2%

Sover ingesamel van R30,000.00 Mikpunt

6 Befondser

Beskrywing

Bybel-Media se Goeie Nuus Media bediening en CLF neem hande met die De Doorns gemeenskap om 100 kinders in 21 SmartStart speelgroepe te ondersteun.

Ons skenk splinternuwe kinderboeke aan hierdie kinders ter waarde van R30 000.

Die fondsinsamelings projek skop af op 1 Januarie 2020 en eindig 30 Maart 2020.

Die oorhandiging van die boeke vind plaas in April 2020. Indien die volle bedrag nie ge-in word nie, sal Bybel-Media en CLF steeds voortgaan om die oorhandiging te doen.

President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede op 20 Junie 2019 ongeletterdheid en die swak leesvermoë van jong kinders as prioriteite vir SA se toekoms uitgelig en gevra dat gemeenskappe betrokke moet raak om ongeletterdheid en die gebrekkige lees-met-begrip vermoë van kinders te bevorder.

Goeie Nuus Media (GNM) en CLF gee graag gehoor aan hierdie oproep en neem so hande met die De Doorns gemeenskap.

Wys jy gee om en help ons om die R30 000 in te samel.

GETUIENIS: Tesslyn Mcdonald, die Smartstart-koördineerder van die Worcester/Rawsonville area, getuig van die wonderlike uitkomste van hierdie werk met die jong kinders. Sy vertel van ’n 3-jarige dogtertjie wat glad nie kon praat toe sy by die speelgroepie aangesluit het nie.  Toe sy na 3 jaar by die speelgroepie na graad R gevorder het, het die skoolhoof navraag gedoen oor in watter Vroeë Kindontwikkeling- speelgroepie sy was, want sy staan eerste in haar graad R-klassie.