Help voer reddingsperde vir ‘n dag teen slegs R340

R340.00

3%

Sover ingesamel van R10,200.00 Mikpunt

1 Befondser

Beskrywing

Black Horse Trails, geleë buite Wilderness in die Wes-Kaap, is ‘n klein formele besigheid wat erg geraak is deur die Covid-19-pandemie.

Black Horse Trails is bekend vir die dagroetes wat avontuurluste en toeriste kan vat deur die Tuinroete Nasionale Park se berge met die perde. Die sluiting van SANparke het daartoe gelei dat daar tans nog geen uitstapping met die perde gedoen mag word nie.

Black Horse Trails het tans ten talle reddingsperde wat daagliks voer benodig, maar die verlies van 90% van die besigheid se inkomste a.g.v die pandemie het daartoe gelei dat hulle nie tans die finansiële vermoë het om die perde voer te gee nie.

Dit is ‘n direkte effek van die Covid-19-pandemie wat die sluiting van die toerisme-sektor tot gevolg gehad het.

Die AHi en hul netwerk het gedurende Junie, Julie en ‘n deel van Augustus die besigheid gehelp om seker te maak dat die diere nie uit voer hardloop nie.

Die perde eet tans 2 sakke voer per dag wat bykans R340 beloop. Met 60 sakke voer per maand, kos dit ongeveer R10 200 per maand net vir die perde se kos.

Ons wil diegene wat graag ‘n verskil kan maak, uitnooi om ‘n donasie te maak hieronder te maak. Die geld sal gebruik word om voer aan te koop vir die diere.

Vir meer inligting oor Black Horse Trails, besoek www.blackhorsetrails.co.za of stuur ‘n e-pos na info@ahiwc.com.