Kerkbode Kersfonds

R0.00

0%

Sover ingesamel van R10,000.00 Mikpunt

0 Befondser

Kategorie:

Beskrywing

‘Impak’ is die wagwoord, skryf Jeanne van Niekerk, Kersfondsbeampte van Kerkbode.

Dis wat jy deesdae oor en oor in die gange van nierege­ringsorganisasies hoor wanneer daar oor fondswerwing ge­praat word. Hoe (be)wys jy aan mense dat jy hulle geld goed gebruik en dat dit inderdaad die tipe verskil in mense se lewe maak wat hulle in die eerste plek oortuig het om minder vir hulleself oor te hou.

My doelwit met vanjaar se Kersfonds is om seker te maak dat die geld waarmee lesers ons so getrou vertrou tot maksimum impak gebruik word. En dat ons ook weer dáárdie stories vertel. Ons mik om R100 000 in te samel teen 31 Januarie 2020. Ons weet dis haalbaar omdat ons verlede jaar R120 000 ingesamel het.

Die geskiedenis van hierdie Kerkbode-inisiatief is dat die totale bedrag wat ingesamel word onder kin­derhuise van die NG Kerkfamilie gedeel word. Ons staan vas hierby en verskerp die fokus deur direk te skakel met instansies om hulle nood en hoop eerstehands te hoor. Deur te praat met mense soos Riana Furniss van Steinthal-kinderhuis bui­te Tulbagh in die Wes-Kaap, wat aan ons gesê het: “Die graad van gebrokenheid onder kinders het 100% toegeneem”. Dis mense soos Riana wie se hande ons wil sterk maak. As jy kinders se lewe wil aanraak, vra ons dat jy oorweeg om ’n bydrae tot hierdie fonds te maak.