Boeke vir plaasgemeenskappe in die Noord-Kaap en Oos-Kaap

R41,841.90

9%

Sover ingesamel van R476,000.00 Mikpunt

25 Befondser

Beskrywing

13-02-2020

Droogte: Só kan landbougemeenskap ook gééstelike bemoedig

Te midde van al die ruim skenkings deur vele Suid-Afrikaners, wil Bybel-Media in Februarie en Maart 2020 ook dié bystaan wat in gééstelike nood in droogtegeteisterde gebiede mag verkeer.

Ons projek behels om 1700 kopieë van die boek ʼn Bietjie reën – Om met wysheid voor God te leef te gaan aflewer by 17 Noord-Kaapse dorpe, waaronder Williston, Kenhardt, Vanwyksvlei, Calvinia, Britstown en Brandvlei.

Die projek het intussen uitgebrei om nog ‘n gemeente in die Noord-Kaap en nege in die Oos-Kaap in te sluit, wat die totaal sal bring tot sowat 2 800 boeke in die van lesers.

Meer oor die projek

Hierdie boekebesending het ’n markwaarde van R476 000. Die projek word moontlik gemaak deur bestaande donateurs van Bybel-Media. Dit sal afgehandel word ongeag of die volle markwaarde ingesamel word, volgens Leon Venter, uitvoerende hoof van Bybel-Media. Voortgaande projekte is ook van donateurs se volgehoue ondersteuning afhanklik.

Indien jy ons wil ondersteun, kan jy ’n donasie – groot of klein – via hierdie platform maak.

Die boek is geskryf deur predikante wat bekommerd is oor die geestelike impak van  die droogte op ons boere en die hele landbougemeenskap. Dis samesteller is dr. Willem Pretorius van NG Kameeldrif en die skrywers is di. Thinus Benadé, Hannes Bezuidenhout, Gustav Claassen, Fanie Cronjé, Christo de Klerk, Jan de Man, Liesel Krause-Wiid, Marco la Grange, Danie Mouton, Koos Nel, Norma Rossouw, Roelf Opperman, Fritz Snyman, Drian Viljoen, Johann Voges.