Speelkaarte: Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT)

R0.00

0%

Sover ingesamel van R15,000.00 Mikpunt

0 Befondser

Beskrywing

Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) speelkaarte is spesiaal ontwikkel deur die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) vir opvoedkundige doeleindes en om SAGT in gemeenskappe bekend te stel en te bevorder. 54 speelkaarte is uniek ontwerp met ‘n variasie van mees gebruikte algemene gebare, uitgebeeld in kleurvolle illustrasies asook met die beskrywende Afrikaanse, Engelse, Xhosa en Zulu woord-betekenis daarby! Dit is geskik vir jonk en oud, besigheid of plesier, en stel enige persone in staat om basiese kommunikasie met Dowes te kan begin.

Beskikbaar by NID teen R 50 per pakkie. Ten bate van Dowes en persone met gehoorverlies by NID.

Kontak 023 342 5555 of e-pos na projects.fr@nid.org.za om ‘n bestelling te plaas. Verwysing: CF Kaarte.